ARBEID LOON/ TOIL REWARDS
Stay Informed With our social media pages/Bly op hoogte met ons sosiale media blaaie
We regularly post on Facebook and Instagram so parents can stay up-to-date on news, events, and other important information at Laerskool Julian Muller. We also use our page to share inspiring stories of our students’ achievements and success, as well as updates about upcoming events.
Ons plaas gereeld plasings op Facebook en Instagram sodat ouers op hoogte kan bly van nuus, gebeure en ander belangrike inligting by Laerskool Julian Muller. Ons gebruik ook ons bladsy om inspirerende stories van ons leerders se prestasies en sukses te deel, asook opdaterings oor komende gebeure.
SKOOLLIED/ SCHOOL ANTHEM
Kom maters kom ons sing ‘n lied
Van berge wat troon
Waar die Olifants stroom
Tussen oewers van bosse en riet
Kom ons sing nou tesaam
Van ons skool, in die bosveld so skoon
Ons dien jou getrou, ons staan altyd saam
En ons werk met lus want “Arbeid Loon”
Come friends, come let us sing a song
Of mountains so high and valley’s so deep
Where the river runs clean and free.
Let us all sing a song of our school Which is our pride
We serve you with trust and with loyalty.
And we work with joy cause toil rewards.
Kwartaal Program/Term Program
n Boodskap/ A message
From Our Principal/Hoof Fanie Vermeulen,
Welkom by Laerskool Julian Muller.
Ons is ’n laerskool geleë in die hartjie van die Bosveld en is gegrond op vaste Christelike norme en waardes.
Ons streef na uitnemendheid op akademiese-, sport- en kultuurgebied in ’n veilige en ondersteunende omgewing vir ons leerders, met die doel om die volle potensiaal van elke kind te ontwikkel.
Ons is trots om te sê dat ons ’n holistiese benadering tot onderwys nastreef. Daarom bied ons ’n groot verskeidenheid aktiwiteite aan wat leerders help met hul fisiese, emosionele en sosiale ontwikkeling.
Ons span van ervare en toegewyde opvoeders is die hartklop van die skool en is daar om ons leerders op elke tree van hul opvoedkundige reis te ondersteun.
Ons is trots op ons skool en ons gemeenskap en leef ons leuse, “Arbeid Loon”, ten volle uit.
Ons sien daarna uit om u by Laerskool Julian Muller te verwelkom.
Welcome to Laerskool Julian Muller.
We are a primary school situated in the heart of the Bushveld and we are grounded in strong Christian norms and values.
We strive for excellence in academic, sporting, and cultural activities within a safe and supportive environment for our learners, with the aim of developing each learners full potential.
We are proud to say that we follow a holistic approach to education. Therefore, we offer a wide variety of activities that support learners’ physical, emotional, and social development.
Our team of experienced and dedicated educators is the heartbeat of the school and is there to support our learners every step of their educational journey.
We are proud of our school and our community and fully live out our motto, “Toil Rewards.”
We look forward to welcoming you to Laerskool Julian Muller.
Mnr.Faan Vermeulen
VISION
Om kwaliteit gebaseerdeonderrig en opvoeding aan leerders te verskaf ten einde hulle op te hef en te bemagtig om betekenisvolle rolle in die gemeenskap te vervul
To provide quality based teaching and education to learners in order to uplift and empower them to fulfill meaningful roles in the community
Mission
Om die leerders deur Christelike normes en waardes te onderrig om hulle plek op n verantwoordelike wyse in die samelewing vol te staan
To educate learners through Christian norms and values to fulfill their place in society in a responsible manner
Years Established
Kontak Besonderhede/Contact Details
Hoof/ Principal:
Faan Vermeulen- hoof@julianmuller.co.za
Admin:
T. Engelbrecht- admin@julianmuller.co.za
Algemene Navrae/ General Enquires:
S. Kriel- julianmuller@julianmuller.co.za
Bemarking & Skakeling/Marketing & Liason:
K. SMIT- bemarking@julianmuller.co.za
Finansies/Finances:
J. Kichenbrand- Finansies@julianmuller.co.za